Snowy en Dutch is altwee klein pragtige Chihuahua-reuntjies. Hulle is baie geheg aan mekaar en die DBV wil hulle graag saam laat aanneem.
Gaan ontmoet hulle in Kennel B10 by die DBV in Kimberley.


Kostes en reëls verbonde aan aanneming
R40 huisbesoek in Kimberley
R570 aannemingsfooi (sterilisering, ontwurming en inentings ingesluit)
Ontmoeting van die hondjie(s) asook ‘n toets om vas te stel of die troeteldiere wat jy tans het, met die hondjies oor die weg gaan kom.
Die DBV moet hulle bepaal by die wette in verband met aanneming van honde en die DBV doen graag namens jou aansoek as jy munisipale goedkeuring nodig het om meer as twee honde aan te hou.
As jou aansoek om aanneming goedgekeur is, sal jy die hondjie by die DBV in Kimberley kan gaan haal.
Vir enige navrae, kontak die DBV by [email protected].



