Lae koolhidraat souttert

Deel hierdie storie / Share this story

Vir diegene wat gesondheidsbewus is, of sommer net iets lekker wil geniet sonder om oor die hoeveelheid kalorieë skuldig te voel.

Die veelsydige resep kan volgens die bestanddele wat jy beskikbaar het en die grootte van jou bak of gesin aangepas word.

Bestanddele:

  • 4 -10 XL or jumbo-eiers
  • ½ k tot 1 k spinasie (gekook / sag gestoom)
  • 1 x pakkie sampioene, gebraai
  • uie, knoffel (opsioneel)
  • 1 – 2 feta-wiele verkrummel
  • 2 x pakkies spek of enige vleis (maalvleis of selfs tuna)
  • 1 – 1½ k kaas, gerasper (gouda of cheddar of beide saam met feta)
  • 1 – 1½ k vars room ( of ½ k mayonnaise en ½ k volroommelk as plaasvervanger)
  • Sout en speserye na smaak

Metode:

Verhit die oond tot 180°C.

Spuit ’n oondbak met kleefvrye sproei of smeer deeglik met botter deur.

Braai die vleis en / of spek en sampioene en met uie en / of knoffel tot gaar.

Voeg die room of mayonnaise en gerasperde kaas by, meng dan liggies deur.

Klits eiers eenkant in ’n bak tot dit lig en donsig is en vou dan stadig en geleidelik by die vleismengsel.

Maak seker die mengsel bly lig.

Skep die mengsel in ’n oondbak uit en strooi gerasperde kaas bo-oor voordat jy die tert in die oond plaas.

Bak vir 45 minute tot gaar en bruin bo-op.

Bedien warm of koud met jou gunsteling lae koolhidraat-sous of maaskaas.