Twee verdagtes in hegtenis vir R638 000 se dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

COLESBERG – Die polisie in Colesberg het op 15 Februarie 2020 ’n verdagte motor agternagesit.

Volgens brig. Mohale Ramatseba het twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 34 jaar oud, van die polisie probeer wegjaag. Toe die polisie die verdagtes vastrek, het hulle dwelms ter waarde van R638 000 en ’n onbekende som geld in die motorvoertuig gekry.

Brig. Ramatseba se die twee mans is in hegtenis geneem vir dwelmhandel en sal op 27 Februarie 2020 in die landdroshof verskyn.