GAUTENG – Lira Dladla (8) is sedert 14 Februarie 2020 vermis. Lira se ma het self na haar gesoek, maar het moed opgegee.
Lira is laas omstreeks 18:00 in die Phomolong-omgewing in Tembisa gesien.
Lira het ’n wit T-hemp met rooi kolletjies op, ’n blou broek en pienk sandale tydens haar verdwyning gedra.
Enigiemand met inligting kan die Crime Stop nommer by 0860010111 skakel.



