SOWETO – ’n Vrou (21) is in hegtenis geneem na sy daggakoekies aan leerlinge by Ikusasalethu High in Soweto verkoop het. Daar het Donderdag altesaam 12 kinders by die skool begin opbring en begin ruk, na hulle van die daggakoekies ingeneem het. Die leerlinge is in die hospitaal opgeneem.
Bron: Netwerk24



