Hullstraat-duikweg onder water

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die duikweg in Hullstraat in Kimberley-Noord is oorvloei en is vir verkeer gesluit.

Motoriste moet van ander roetes gebruik maak om tot by hulle huise te kom of besighede daar te besoek.

FiND iT het verskeie kere verlede jaar berig nadat die duikweg as gevolg van ’n lekkasie by ’n nabygeleë erf oorvloei het. 

Die reën die afgelope paar weke het egter die situasie vererger. 

FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien, maar geen terugvoering is betyds vir publikasie ontvang nie.