ROODEPAN – Cycadstraat in Jacsonville, Roodepan, lyk soos n stortingsterrein. Inwoners van die gebied, is moeg vir die rommel wat daagliks daar gestort word.
Roukshana Francke, ’n inwoner van die gebied het die foto’s aan FiND iT gestuur om te wys hoe dit tans voor haar huis lyk. “Ek het al oral probeer hulp kry. Ek het klein kindertjies. Daar word net niks daaraan gedoen nie.”
FiND iT het navraag by Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.



