Vreemde blou lig in Gordonsbaai-branders

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van Gordonsbaai is Sondag 16 Februarie met ’n beeldskone natuurverskynsel verras. Jézelle Fourie, inwoner van Gordonsbaai, het op haar Facebook-profiel die foto’s van hierdie verskynsel gedeel.

Die branders was met ’n helderblou lig, wat deur bioluminessensie veroorsaak word, gevul. Bioluminessensie is ’n unieke natuurlike verskyning waar ’n lewende organisme ’n natuurlike lig afgee. ’n Algemene voorbeeld hiervan kan in vuurvliegies gesien word.

’n Tipe plankton wat bioluminescent dinoflagerllates genoem word, is klein lewende organismes wat hierdie helderblou lig in die water veroorsaak het.

Gordonsbaai is nie die enigste plek waar die water somtyds so helderblou skyn nie. Hierdie natuurverskynsel kom ook in Vishoek in die somermaande voor.

Foto: Geneem deur Jézelle Fourie.

Bron: capetownetc