Denise Botha (26) is ’n talentvolle kunstenaar en grafiese ontwerper. Sy beskryf haarself as ’n eenvoudige meisie wat elke dag as ’n nuwe avontuur sien. Denise is ses jaar terug met lupus gediagnoseeer. Sy gesels openlik oor haar drome en die moeilike pad wat sy gestap het.
Denise is in Kimberley gebore, maar het in verskeie stede voor en na haar skoolloopbaan gebly. Sy is al ’n jaar en ’n half met Johan Fourie getroud. “Ek is nie iemand wat bang is nie, ek is altyd reg om enigiets te hanteer wat ookal my kant toe kom. Ek is wel ’n baie geheimsinnige mens, maar ook net totdat ek gemaklik is, dan is ek ’n babbelbekkie.”
Sukkel al jare
“Ek het nog altyd gesukkel met pyn van ’n jong ouderdom af, was baie siek gewees, maar nooit kon hulle vasstel wat regtig fout is nie. Dit was altyd net ’n spastiese dikderm of sinusdrup, algemene siektes. Ek het in 2012/2013 weer baie siek begin raak en het simptome van artritis gekry, dit was so seer dat ek nie kon loop of enigiets doen nie. Ek het swelling ervaar en was konstant moeg gewees, ek het fyn seertjies in my neus en mond gekry asook die butterfly rash oor my gesig gekry. Daar was ander simptome ook, maar daardie was die hoof simptome gewees.”
Wil jy meer lees van Denise se lupus-pad? Klik op hierdie skakel om die mooi fotos te sien van haar bederfdag en ook haar storie van oorwinning.



