Vermiste meisie moontlik in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Tazne van Wyk (8) is sedert verlede Vrydag 7 Februarie 2020 vermis. Daar is ’n landswye soektog na die vermiste meisietjie aan die gang. Daar word ook beweer dat Tazne en haar moontlike ontvoerder in Kimberley gewaar is.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte en Tazne is moontlik in Kimberley gewaar. “Die verdagte is saam met Tazne in die gebiede van Moghul Park en Homestead Masjid in Kimberley gesien.”

Daar word beweer die verdagte, Moyhdian Pangkaeker, het by verskeie moskees in Kimberley gaan geld bedel.

Kol. Gamieldien sê die polisie in die Noord-Kaap ondersteun die polisie in die Wes-Kaap met die soektog.

Enigiemand met inligting kan vir lt. -kol. Marli Strydom by 082 495 0618 skakel.

Die verdagte.