Man steel drie skootrekenaars uit motor in middestad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ‘n Man (30) is in hegtenis geneem na hy op 13 Februarie 2020 by ‘n motor in die middestad ingebreek het.

Sers. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, sê die motor was veilig in Allenstraat, Kimberley geparkeer toe die verdagte die motor se venster stukkendgeslaan het.

Die verdagte het volgens sers. Gopane drie skootrekenaars gesteel en in ‘n taxi geklim. Die taxi is deur die polisie agtervolg en die verdagte is gevang.

Die skootrekenaars is aan die eienaar terugbesorg en die verdagte sal binnekort in die landdroshof verskyn.