KIMBERLEY – Twee mans van onderskeidelik 21 en 22 jaar oud is op 13 Februarie 2020 in Phakamile Mabijastraat in hegtenis geneem.
Volgens sers. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, was twee polisiemanne op patrollie toe twee mans vir hulle gesê het hulle is beroof. Die polisiebeamptes het dadelik gereageer en die twee verdagtes in hegtenis geneem.
‘n Rugsak, ‘n mes, drie T-hemde en ‘n speelgoedgeweer is by die verdagtes gevind.
Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.



