KURUMAN – Drie mans tussen die ouderdomme van 23 en 28 is op 13 Februarie op Kuruman vir veediefstal in hegtenis geneem.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die Kuruman veediefstal-eenheid en John Taolo Gaetsewe bedreigdespesie-eenheid inligting van die gemeenskap opgevolg en 17 skape ter waarde van R30 600 op die perseel op Kagung Village gevind.
Daar is ‘n saak van veediefstal geopen.




