Molslang in ’n put

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Molslang is op 14 Februarie 2020 omstreeks 09:40 by die De Beers-opleidingsentrum in Kimberley gewaar.

Dawie Griesel, lid van die Kimberley Snake Rescue-span, sê die mense wat by die opleidingsentrum werk, het die slang sowat ’n week gelede daar gesien. “Die werkers het vandag eers besef die slang kan nie uit die put ontsnap nie. Met die aankoms het ek en Ryno Griesel, my vennoot, in die put gaan kyk en gesien dat dit ’n molslang is.”

Griesel het die slang veilig uit die put gehaal. Hy het die slang in ’n houer geplaas en weer veilig vrygelaat soos dit deur natuurbewaring voorgeskryf word.