KIMBERLEY – Op 14 Februarie 2020 is die Cassandra-uitbreiding wéér sonder krag gelaat toe koperkabeldiewe weer op die gebied toesak.
Dawie Griesel, hoof van veiligheid van AfriForum in Kimberley, sê die diewe was onsuksesvol in hul poging om die koperkabels te steel. “Ongelukkig is die kabels erg beskadig. Dit is waarom die Cassandra-uitbreiding sonder elektrisiteit is.”
Sol Plaatje-munisipaliteit is van die probleem bewus gemaak.



