KIMBERLEY – Twee mans van onderskeidelik 30 en 41 jaar is Woensdag 12 Februarie 2020 in hegtenis geneem vir die besit van twee brandblussers.
Volgens sers. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, het die twee mans hulself by verskeie winkels in Stockdalestraat as beroepsveiligheidbeamptes voorgedoen. Die mans het glo aan die winkeleienaars gesê dit is nodig om die brandblussers te vervang en ‘n bedrag van R180 moet betaal word.
Die polisie het vinnig gereageer. Die twee mans kon nie ‘n duidelike verduideliking gee van waar hulle die brandblussers gekry het nie en die mans is in hegtenis geneem.
Die ondersoek duur voort.




