BLOEMFONTEIN – Byna ’n ton vermoedelik gesteelde koperkabels is by ‘n skrootmetaalhandelaar in Parkstraat in Bloemfontein gevind.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op 12 Februarie op inligting van dié koperkabels reageer. ’n Klopjag is deur die polisie saam met Centlec en Transnet uitgevoer, sê Makhele.
Beslag is op ongeveer 950 kg se koperkabels ter waarde van R85 000 beslag gelê. Ongeveer 600 kg is positief as eiendom van Centlec geïdentifiseer.
“Die diefstal van kabels raak elke burger in die land. Diewe verkoop hierdie gesteelde kabels aan skrootmetaalhandelaars en sonder die nodige dokumentasie, sal sodanige handelaars kriminele klagtes in die gesig staar omdat hulle in besit van gesteelde koperkabels kan wees,” sê lt.-genl. Baile Motswenyane.
Die ondersoek duur voort.




