Die polisie en gemeenskap span saam

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie, afgevaardigdes van die hoofkantoor en die gemeenskapspolisieraad wat deur verskillende godsdienstige organisasies genader is, het Woensdag 12 Februarie 2020 ’n sessie om saam te span gehou.

 Lt. – genl. Rasimati Shivuri, die provinsiale kommissaris, sê: “Die polisie bied steun aan die gemeenskap en is toegewy daaraan om misdaad te bekamp om veiliger gemeenskappe te verseker.”

Die polisie en die gemeenskap span saam om deel te vorm van ywerige pogings om die gemeenskap teen misdaad te versterk en te bevry.

Die verantwoordelikheid om misdaad te bekamp, rus nie net op die polisie as primêre wetstoepassingsagentskap nie, maar ook op gemeenskapslede.

Die program vir morele herlewing is daarop gemik om maatskaplike probleme wat die lewenstandaard laat afneem en die morele waardes wat in die samelewing agteruitgaan, te beveg.

Verskillende godsdienstige groepe sit hand by om betrokke te raak in die voorkoming van misdaad in hul gemeenskappe. Die samesmelting van die polisie en die gemeenskap poog om misdaad uit te wis om sodoende weer ’n vreedsame samelewing te laat herleef.