215 kg se CAT gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – Drie verdagtes is Woensdag 12 Februarie 2020 in hegtenis geneem vir die besit van 215 kg se CAT. Die polisie se intelligensie-eenheid het inligting opgevolg in verband met ‘n verdagte vragmotor tussen Johannesburg en Kaapstad. Die dwelmmiddels wat in bokse in die vragmotor gevind is, is ongeveer R214 000 werd. Die CAT en die vragmotor is gekonfiskeer.

Die verdagtes kom môre 14 Februarie 2020 in die landdroshof op Ventersburg voor op aanklag van die besit van dwelmmiddels.