VryheidsFront+ neem onwettige grondbesetting ernstig op

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Bekommerde inwoners het onwettige grondbesetting van munisipale grond onder die VryheidsFront+ se aandag gebring. Informele huise is op die hoek van Palvie- en Silsonweg opgerig.

Op 6 Februarie 2020 het ’n stootskraper onderverdeelde erwe voorberei en bome uitgehaal. Van die bome wat uitgehaal is, is na bewering die beskermde-doringboom (Akasia). Uit desperaatheid, het inwoners die VryheidsFront+ gekontak om die voorval te ondersoek.

Met die ondersoek is daar bevind die stootskraper behoort aan ’n privaat maatskappy.

VryheidsFront+ het op 7 Februarie 2020 ’n brief aan die Sol Plaatje-munisipaliteit oorhandig waarin die munisipaliteit versoek word om onwettige plakkers te verwyder. Die party het ook voortgegaan om ernstige vrae rondom die situasie aan die munisipaliteit te rig.

Kobus van den Berg van die VryheidsFront+, sê  hy het nog geen terugvoering van die munisipaliteit ontvang nie.

FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen, maar het nog geen terug ontvang nie.