Werkloosheid wek kommer

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Werkloosheid is ’n probleem wat al lank kop uitsteek. Dit beïnvloed daagliks al meer Suid-Afrikaners. Die werkloosheidsyfer hou net aan styg.

Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van arbeid, sê: “Die onveranderde werkloosheidskoers van 29,1% vir die vierde kwartaal van 2019 is onveranderd en groter. Dit is kommerwekkend. Die rede tot kommer is omdat die persentasie van werklose mense wat al vir ’n jaar of langer sonder werk sit, met 60% in die afgelope dekade toegeneem het.”

Verder sê Denner: “Die onveranderde werkloosheidskoers is net ’n bewys van Suid-Afrika se ekonomiese agteruitgang. Dit is as gevolg van ondeurdagte beleidsrigtings en ’n swak regering.”

Werksoekers is duidelik ontmoedig. In 2019 het die aantal werksoekers vanaf die derde kwartaal na die vierde kwartaal met 62 000 gestyg. Die aantal werksoekers is besig om by die dag te vermeerder.

Denner sê: “Swak ekonomiese groei en regeringsbeleid soos nasionale gesondheidsversekering, swak dienslewering, beurtkrag, die ineenstorting van die plaaslike regering en onteiening sonder vergoeding dra tot die werkloosheidskrisis in Suid-Afrika by.”

 Denner sê voorts: “Verandering is nou meer nodig as ooit. Daar moet eers op ’n gesonde ekonomie gefokus word.”

 Sonder ’n gesonde ekonomie sal die werkloosheidsyfer net aanhou styg.