INTERNASIONAAL – Daar word verwag dat ’n asteroïed wat ’n potensiale gevaar vir die aarde kan inhou, hierdie Saterdag omstreeks 13:05 naby die aarde verby sal wentel.
Volgens die Daily Express monitor NASA die asteroïed genaamd 2002 PZ39, wat op 10 Augustus 2002 ontdek is. Dit is tussen 440 en 990 meter breed en beweeg teen ’n enorme spoed van 57 240 km/h in die rigting van die aarde.
Indien dit die aarde sou tref, sal dit nie net ’n katastrofe wees vir die gebied waar dit tref nie, maar kan wêreldwyd gevolge hê.
Volgens NASA verwag hulle dat die asteroïed op ’n afstand van 5.77 miljoen kilometer (0.03860 astronomiese eenhede) die aarde verbysteek.
Indien NASA se voorspelling korrek is en dit die aarde mis, sal dit in die rigting van Venus beweeg en gaan dit moontlik eers weer op 25 Augustus 2034 naby die aarde wentel.



