Game Over Taksidermie

Deel hierdie storie / Share this story

Die entoesiastiese trofeejagter wil immer daardie kolskoot-oomblik vir die res van sy lewe vasvang, dit as’t ware verewig. Dis moontlik!

Taksidermie is ’n gespesialiseerde kunsvorm wat net deur ’n handjievol mense in die land beoefen word. Dit is ‘n reeks prosesse waartydens dele van wilde diere (groot en klein) wat gejag is, verwerk word, ten einde die dier ten volle of gedeeltelik te monteer, om sodoende ‘n lewensgetroue beeld van die dier te skep.

Game Over Taksidermie, geleë te Fabriciaweg 12 in Kimberley, se nuwe eienaars het ’n groot liefde en passie vir dié spesifieke kunsvorm. Herman Posthumus, Kwet van der Merwe en Jack Maritz is die vennote wat op 6 Januarie 2020 hierdie taksidermie-onderneming oorgeneem het.

Maritz en Posthumus is kranige jagters wat al vir meer as tien jaar saam hulle passie uitleef. Verder beskik hulle saam oor omvangryke kennis wat betref die inheemse wildspesies, plaaslike jagwette en uitvoervoorskrifte. Van der Merwe, vul die driemanskap se vermoëns sterk aan deurdat hy oor besondere kunssinnige talent beskik – ‘n eienskap wat uiteraard uiters nuttig in die taksidermiebedryf te pas kom.

Game Over Taksidermie kom haal jou trofee op jou plaas. Hulle doen verskeie vorme van monterings van skedels en diere, asook verwerking van diervelle (uitgesonderd troeteldiere), wat ook na die internasionale mark uitgevoer word.

“Dis hoegenaamd nie vir ons ’n werk om jou trofee te monteer nie. Dis ons passie. Daarom ontsien ons geen moeite of detail om jóú trofee so professioneel as moontlik te monteer nie.”

Foto: Herman Posthumus, Kwet van der Merwe en Jack Maritz.