KIMBERLEY – Verskeie paaie in Galeshewe is tans ontoeganklik weens protesaksie.
Paaie wat tans afgesper of gevaarlik is: Royal-, Corless-, Green-, Barkley-, Findlayson- en Moshoeshoestraat, insluitend die John Daka-area. Motoriste word aangeraai om versigtig te wees as hulle deur daardie areas ry.



