SPRINGBOK – ’n Man (23) van Okiep is onlangs in die Springbok-streekhof tot 18 jaar vir die verkragting van ’n verstandelik gestremde man (23) gevonnis.
Brig. Mohale Ramaseba, polisiewoordvoerder, sê op 22 Maart 2018 het die beskuldigde, Ricardo Magerman, die manlike slagoffer, na sy huis op Okiep genooi, onder die voorwendsel om na films te kyk. “Die beskuldigde het die slagoffer gedwing om seksuele dade uit te voer en toe die man, wat verstandelik gestremd is, verkrag.”
Op 28 Januarie 2020 is Magerman skuldig bevind en tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.



