KIMBERLEY – Damvlakke by die Newton-opgaardam is tot op kapasiteit vol, sê Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit.
Matsie sê die reën het baie gehelp. Waterverbruik het afgeneem.
Weens die onvoorspelbare natuur van die weer, word inwoners steeds gemaan om water spaarsamig te gebruik.



