WARRENTON – Sewe verdagtes is op 11 Februarie 2020 in verband met openbare geweld op Warrenton in hegtenis geneem.
Die verdagtes is in hegtenis geneem as gevolg van die versperring van die N12 by Warrenton. Dis uit protes teen dienslewering in die gebied. Brandende bande en klippe is gebruik om die pad te versper.
Motoriste wat deur Warrenton gaan, word aangeraai om versigtig te wees, aangesien voertuie met klippe gegooi word.
Lede van die polisie se afdeling vir openbare orde is ontbied om die situasie onder beheer te bring.
Betogers word aangeraai om nie gewelddadig te raak nie, maar eerder hul besorgdheid by die betrokke owerhede bekend te maak sodat hul griewe aangehoor kan word.



