Klagtes oor SASSA-pensioene

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Is jou pensioen gestop? Moes jy vir dae lank in ’n lang ry staan voordat jy agter die kap van die byl kon kom?

Tammy Breedt, lid van die Vryfheidsfront Plus in die Noord-Kaap, is besig om die saak met die parlement op te neem.

Na bewering is die pensioene wat uitbetaal moet word aan mense wat in 1958 gebore is, stopgesit.

Die pensioenontvangers het ook hul bankbesonderhede geverifieer, maar daar word beweer dat dit nie gedoen is nie. Daarom is dié persone se pensioene nie uitbetaal nie.

In ’n ander geval staan pensioenontvangers vir dae lank in ’n ry om uit te vind waarom hul pensioen nie uitbetaal het nie.

Die Vryheidsfront Plus raai sy lede aan om die boodskap te versprei. Die lede kan ook enige verdere ongerief na die Vryheidsfront Plus verwys.