Besigheidsman deur betogers gedreig

Deel hierdie storie / Share this story

Ruan Stander (25), besigheidsman in Kimberley, is ongeveer 14:30 vandag in sy motor gedreig deur mans wat moontlik betogers was.

Stander was na een van sy verskaffers in die middestad op pad, toe hy die groot groep mense sien saamdrom. “Ek het eers gedink dis een of ander funksie wat aan die gang is, maar toe die mans ewe skielik na my begin vinger wys, het ek groot geskrik.”

Volgens Stander was die groep mense aggressief en toe hulle sien dat hy besig is met ‘n video-opname, het hulle na hom toe geloop. “Hulle het my motor se deure probeer oopruk. Die een man het ‘n plank in sy hand gehad.”

Stander sê die mans het klippe in sy rigting gegooi, maar hy het net betyds ‘n U-draai gemaak om weg te kom.

Stander wil graag die ander motoriste waarsku om eerder van daardie area weg te bly.

Kyk die video hier.