Warrenton betogings: opvolg

Deel hierdie storie / Share this story

WARRENTON – Warrenton is tans in die kollig oor die gemeenskap se protesoptrede waartydens vier huise en een voertuig beskadig is. Die polisie het 28 manlike en vroulike verdagtes weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul en Transnet-verteenwoordigers het die vrae van die gemeenskap tydens die vergadering wat vandag in Ikhutseng, Warrenton gehou is, beantwoord.
Die premier het geen verdere geleentheid gekry om ander probleme in die gemeenskap aan te spreek nie, aangesien inwoners ontsteld was oor die mense wat nog in aanhouding was. Saul het die aanwesiges egter aangemoedig om met die vergadering voort te gaan, maar hulle was van mening dat die aangehoudenes eers vrygelaat moes word voordat enige aanstellings gedoen kan word. Saul het aangedui dat hy bereid is om steeds met die gemeenskap of die betrokke inwoners te vergader in ’n poging om lewensvatbare oplossings vir die kommer in die memorandum uitgespreek te vind.

Die polisie op Warrenton monitor die situasie wat nog baie gespanne is.

Die 13 verdagtes het in die hof verskyn, borgtog van R300 elk is toegestaan ​​en die saak is tot 23 Maart uitgestel. Die ander 15 verdagtes sal môre in die Warrenton-landdroshof verskyn.