Nog ’n dwelmhuis in Galeshewe blootgelê

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE – Die polisie hier het inligting oor dwelmmiddels wat in ’n huis in Maserustraat verkoop is, opgevolg. Twee verdagtes is vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die huis is met die hulp van die polisie se soekhonde deursoek. “Hulle kon daarin slaag om 283 Mandrax-tablette, een elektroniese weegskaal, twee selfone en ’n kontant bedrag van R9 340.00 te konfiskeer. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem.”

Die verdagtes sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.