KIMBERLEY – ‘n Man het gister 10 Februarie 2020 by ‘n plaaslike winkel in Main Road, Herlear, ingestap en probeer om ‘n energiedrankie met ‘n vals R200-noot te koop.
Die eienaar het dadelik agtergekom dat die R200-noot vals is en het die man gevra waar hy die noot gekry het. Die verdagte kon nie ‘n duidelike antwoord gee nie en die polisie is ontbied.
Sers. Phillips het die verdagte in hegtenis geneem. Die verdagte sal binnekort in Kimberley se landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ‘n vals banknoot.



