Premier om Warrenton inwoners toe te spreek

Deel hierdie storie / Share this story

WARRENTON – Die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, sal Woensdag 12 Februarie 2020 die gemeenskap van Warrenton toespreek.

Die gemeenskap is ontsteld omdat die gebied glo al vir 11 dae nie water het nie, daar geen ontwikkeling plaasvind nie en niemand na hulle griewe luister nie.

Inwoners sê Saul moes hulle gister toespreek, maar dit het nie gebeur nie.

’n Formele kennisgewing is aan die gemeenskap uitgereik wat hulle in kennis stel van die premier se besoek.