Plaaslike besigheidseienaar weier om munisipaliteit om te koop

KIMBERLEY – Kimberliete het weke lank oor die klank in die lug gekla. Geen dieseldampe word in die lug geruik nie. Geen vragmotor wat die vullis kom verwyder is in sig nie. Geen klanke van hope en hope swartsakke vol vullis wat opmekaar en oormekaar gegooi word, word gehoor nie. Geen wonder die Kimberliete kla nie.

’n Plaaslike besigheidseienaar het eksklusief met FiND iT oor sy vullisverwyderingsprobleme gepraat.

Die besigheidseienaar vertel: “Elke maand word my rekeninge stiptelik betaal. Ek het vir die afgelope vyf jaar tot en met vandag nog nie een vragmotor gesien wat die vullis kom verwyder nie. Ek moet dit self doen. Tog betaal ek nog elke maand vir ’n diens wat nie gelewer word nie.”

Verder vertel hierdie Kimberliet en besigheidseienaar: “ Die munisipaliteit wil meer hê. Ek moet hulle nou omkoop om my vullis te kom verwyder. Ek sal dit dan eerder self aanhou doen, maar dan word die munisipaliteit nie verder betaal nie.”

Kimberliete, lê jul vuilgoedsakke weer en ophoop? Wanneer gaan die Diamandstad weer sy skitterblink status kan opeis?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *