Striker is ’n baie spesiale hondjie. Ja, sy naam is ietwat vreemd, maar sy vorige eienaar was ’n groot sokkeraanhanger. Striker is ’n skaaphond en sy vorige eienaar, wat baie vir sy hondekind omgegee het, kon nie vir Striker ’n veilige huis gee om in te bly nie. Striker is ongeveer 10 maande oud en het klaar die nodige inentings gekry. Striker is baie vriendelik en sal die perfekte familiehond wees. Hy geniet cuddles en om te hardloop en te speel.
Kom ontmoet vir Striker in kamp D by die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley.
Kostes en reëls verbonde aan aanneming
R40 huisbesoek in Kimberley
R570 aannemingsfooi (sterilisering, ontwurming en inentings ingesluit)
Ontmoeting van die hondjie(s) asook ‘n toets om vas te stel of die troeteldiere wat jy tans het, met die hondjies oor die weg gaan kom.
Die DBV moet hulle bepaal by die wette in verband met aanneming van honde en hulle doen graag namens jou aansoek as jy munisipale goedkeuring nodig het om meer as twee honde aan te hou.
As jou aansoek om aanneming goedgekeur is, sal jy die hondjie by die DBV in Kimberley kan gaan haal.
Vir enige navrae, kontak die DBV by [email protected].



