Ontmoet die “Scruffies”!

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie twee tefies is ongeveer 22 weke oud en is reg om nuwe huise te kry.
As jy dink dat jy hulle happily ever after is, gaan ontmoet hulle by Nursery Camp 2 by die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley.

Kostes en reëls verbonde aan aanneming

R40 huisbesoek in Kimberley
R570 aannemingsfooi (sterilisering, ontwurming en inentings ingesluit)
Ontmoeting van die hondjie(s) asook ‘n toets om vas te stel of die troeteldiere wat jy tans het, met die hondjies oor die weg gaan kom.
Die DBV moet hulle bepaal by die wette in verband met aanneming van honde en hulle doen graag namens jou aansoek as jy munisipale goedkeuring nodig het om meer as twee honde aan te hou.

As jou aansoek om aanneming goedgekeur is, sal jy die hondjie by die DBV in Kimberley kan gaan haal.

Vir enige navrae, kontak die DBV by [email protected].