OOS-KAAP – ’n Soektog is aan die gang gesit na Avela Mavavana, 1 jaar en 10 maande oud, wat op 9 Februarie2020 uit haar huis in die Ntshamanzi Admin Area in Moyeni verdwyn het.
Ondersoekbeampte Makina sê: “Die ouma by wie die kinders woon het die kinders omstreeks 09:00 in die sorg van ‘n familielid gelaat. Sy het omstreeks 12:00 teruggekeer. Twee van die kinders was tuis, maar die familielid en die eenjarige is vermis. Op die aand van 9 Februarie 2020 is ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.”
Die soektog word deur die polisie, die honde-eenheid en die lede van die gemeenskap voortgesit.
Ondersoekbeampte Makina sê: “Die gemeenskap word daaraan herinner dat daar geen wagperiode is om ’n vermiste persoon aan te meld nie.”
Enigiemand met inligting kan ondersoekbeampte Makine by 082 416 8512 skakel.



