KIMBERLEY – Die inwoners van Galeshewe het omstreeks 07:30 in die strate van Kimberley oor hul ontevredenheid oor dienslewering betoog.
FiND iT was op die toneel.
Celvin Moalahi, ’n omstander, vertel: “Die mense is ontevrede. Hulle sê hulle al lank sonder elektrisiteit klaarkom. Die inwoners in Galeshewe is nou moeg gewag. Hulle neem nou sake in hul eie hande.”
Die polisie was op die toneel en het die skare mense vinnig opgebreek.
Die betoging het op die hoek van Greenstraat en Silsonweg plaasgevind.






