August 4, 2021

Vrou gedreig, verkrag en aangehou vir 2 dae

HARTSWATER – Lede van Hartswater se eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ‘n man (26) in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die verdagte glo die slagoffer en twee van haar vriende ontmoet toe hulle Woensdag 5 Februarie op pad huis toe was. Die verdagte het toe ‘n vuurwapen op die slagoffer gerig en haar vriende het weggehardloop.

Volgens brig. Ramatseba is die slagoffer toe met die vuurwapen gedreig en is na die verdagte se huis geforseer, waar sy verkrag en vir twee dae aangehou is. Sy is op 7 Februarie gevind.

Voorlopige ondersoek het bevestig dat die vuurwapen wat gebruik is ‘n Baby Browning-pistool was en is deur die polisie gekonfiskeer, sê  brig. Ramatseba.

Die verdagte kom Maandag 10 Februarie in die Kgomotso-landdroshof op aanklag van verkragting, ontvoering en rig van vuurwapen voor.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *