Massiewe kabeldiefstal in Roodepan

Deel hierdie storie / Share this story

Die hele Roodepan word beïnvloed deur ‘n georganiseerde sindikaat wat verskeie 630 mm koperkabels by die Midland-substasie in Roodepan gesteel het.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê dieselfde sindikaat het probeer om die Galeshewe-substasie se kabels ook te steel, maar kon nie die slotte oopgebreek kry nie.

Volgens Matsie sal die vervanging van hierdie kabels ‘n geruime tyd neem, aangesien die munisipaliteit saam met derde party agente en verskaffers werk om hierdie probleem op te los.

Die gemeenskap se samewerking word benodig om hierdie sindikaat te vang. Volgens Matsie is dit die tweede keer in hierdie week wat Roodepan geteiken word.

Daar is ‘n saak van diefstal by die Roodepan-polisie geopen.