Beaconsfield duikweg weer veilig om deur te ry

Deel hierdie storie / Share this story

Die duikweg in Beaconsfield was vir ‘n geruime tyd onder water. Daar was tot op hede twee insidente waar motors deur die water probeer ry en vasgesit het. Die pad voor die duikweg was afgebaken en mense moes alternatiewe roetes gebruik.

Volgens Rassie Erasmus, van Kimberley Ekapa Mining Joint Venture, moes die munisipale dreineringstelsel outomaties inskop en die water in die duikweg dreineer, maar werk die stelsel al vir jare nie.

KEMJV het besluit om self die duikweg te dreineer en dit weer rybaar te maak vir die inwoners van Kimberley.

Die duikweg is dus nou weer veilig om deur te ry.
Baie dankie aan KEJMV!