KIMBERLEY – Die hondjie wat Vrydag in die Rhodesdene area weggeraak het, is veilig by sy huis. Inwoners van New Park het die eienaar gebel om te sê die hondjie het by hulle huis opgedaag.
Simone Xengana, Waffie se eienaar, bedank die Kimberliete wat almal gehelp het om haar miniatuur-yorkie op te spoor.



