Korona van ietermagô afkomstig

Deel hierdie storie / Share this story

Met die uitbreek van die koronavirus in middel Desember verlede jaar, is alle handel met wild in China stopgesit. Die vreemde virus het nou al meer as 600 lewens geëis en meer as 31 000 mense is wêreldwyd geïnfekteer.

Navorsers in China het gesê dat die virus moontlik van ietermagô’s afkomstig is. Die wetenskaplike bewyse hiervan moet egter nog amptelik gemaak word.

Die Suid-China Landbou-universiteit in Guangzhou se twee van hulle navorsers, Shen Yongyi en Xiao Lihua, het bevestig dat die koronavirus moontlik deur die ietermagô na die mens oorgedra kan word. Die navorsers het op 7 Februarie 2020 in n perskonferensie gesê dat die genetiese vergelyking tussen die virus en die ietermagô 99% identies is, berig Nature.