KIMBERLEY – Acasia-aftreeoord hou Saterdag 15 Februarie ‘n valentynsdans by die aftreeoord.
Yvonne Flok, een van die inwoners van Acasia-aftreeoord, dien op die kommitee van die Lede Ontwikkelings Fonds. Die LOF is al vir ‘n paar jaar by die aftreeoord aan die gang en hulle probeer fondse insamel vir wanneer daar ‘n behoete vir benodighede soos toiletware opduik. Volgens Flok is toiletware op die oomblik ‘n behoefte in die aftreeoord en probeer hulle om hierdie Valentynsdag vir almal spesiaal te maak.
Van die fondse sal ook gaan vir van die inwoners in die siekeboeg-afdeling om hulle maand se losiesgeld te kan betaal.
DJ Ertjies is die gaskunstenaar by die dans en die kaartjies kos R50. Enige iemand is welkom. Jy kan ‘n kaartjie by die Acasia-aftreeoord kantore koop.
Vir meer inligting, skakel vir Yvonne Flok by 082 822 2236.



