KIMBERLEY – ’n Multidissiplinêre veldtog is deur Sol Plaatje begin.
Hierdie veldtog word geloods om misdaad in sy sporte te stuit. Die doel van die veldtog is om die middestad van misdaad te bevry. Dit maak dit dan moontlik vir Kimberliete om die stad terug te eis.
Op die Sol Plaatje-munisipaliteit se Facebook-blad word daar verwys na die veldtog en wie daarby betrokke gaan wees.
Dit word deur verskillende eenhede begin wat die informele handelslisensiëringsdepartement, verkeersdepartement, die afdelings van wetstoepassing en stadsbeplanning van Sol Plaatje, die polisie en maatskaplike dienste insluit.
Die veldtog is aan die gang en sal die stryd teen dwelms en vervalste goedere insluit.
Dit sal ook die vaartbelyning van prosedures vir permitte met betrekking tot informele handel aan die gang sit.
Dit sal ook die uitdagings in ontspanningsareas soos die Oppenheimer-tuine insluit.



