Man doodgeskiet in middestad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Op 7 Februarie 2020 omstreeks 14:30 is ’n man in Kimberley se middestad doodgeskiet.

FiND iT was op die toneel.

Alex Morris, ’n omstander, sê: “Ek was nog besig om in die winkel te werk, toe ek ’n gestry buite hoor. Ek en ’n paar van my kollegas het uitgegaan om te gaan kyk. Ons het gesien hoe ’n man iemand se selfoon steel en probeer weghardloop. Die vrou het die dief ingehaal.”

Verder vertel Morris: “Ek het gesien hoe twee mans en die vrou in ’n twis betrokke raak. Daarna het ’n skoot afgegaan en die dief het inmekaargesak.”

Dit het later aan die lig gekom dat die vrou wat in die twis met die dief betrokke was ’n polisievrou in siviele drag was.

Nooddienste was op die toneel.

Die insident het op die hoek van New Main- en Bultfonteinstraat gebeur. Beide strate was vir ’n geruime tyd afgesper.