BARKLEY-WES – Die polisie in die Frances Baard-distrik het vanoggend nog ’n dwelmhandelaar (58) gearresteer.
Volgens kapt. Olebogeng Tawana het die polisie op Barkley-Wes vroegoggend op die man se huis in Irisstraat toegesak. Die polisie het met die deursoek van die huis 10g tik, 4g cat en 57 kwarte en 6 volle Mandrax-pille gekonfiskeer. Hulle het ook R10 700 kontant by die man gekonfiskeer.

Kapt. Tawana sê die verdagte verskyn Maandag 10 Februarie in die landdroshof op Barkley-Wes op aanklag van dwelmhandel.



