Hoërskool Adamantia: Kuikenkonsert

Deel hierdie storie / Share this story

Hoërskool Adamantia het gisteraand hulle jaarlikse kuikenkonsert in Addies se skoolsaal gehou. Hierdie konsert word gehou spesifiek om die graad 8’s by hul nuwe skool welkom te heet en om ook die graad 8’s ’n geleentheid te gee om hulself aan die ander leerlinge van die skool voor te stel.

Die opgewondenheid vir die nuwe jaar was duidelik op soveel gesiggies te sien en die kuikens het agter die verhoog geskarrel om hul klere en grimering betyds vir hul optrede reg te kry.

Foto: Die dansgroepie, wat hulself “Jailbirds” noem, staan in spanning en wag vir hul beurt om op die verhoog te verskyn.

Daar was ander leerlinge wat hul sangtalent ten toon gestel het en ook ’n paar akteurs wat die gehoor laat skater het.

Nico Oosthuizen en Celine van Schalkwyk is aan die einde van die aand as Meneer en Mejuffrou Kuiken aangewys.