KIMBERLEY – Raymond Arthur Schultz, beter bekend as Bobby, is onverwags aan ’n hartaanval oorlede terwyl hy aan diens was.
Schultz is op 14 Januarie 2020 langs sy werkgewer, Michael van Niekerk, oorlede.
Van Niekerk sê: “Op die oog af het Bobby gesond gelyk. Hy het hartprobleme gehad. Hy het reeds in 2014 ’n operasie ondergaan om ’n stent weens sy hartprobleme te laat insit. Ongelukkig was dit Bobby se tyd.”
Schultz is op 25 Januarie 2020 in Kimberley begrawe. Sy grafsteen is op 4 Februarie 2020 opgerig.
Schultz se gunstelinggesegde was: “God vir almal en elkeen vir homself.”



