KIMBERLEY – Hester van der Merwe, inwoner van Hadison Park, spreek haar kommer uit oor die oop gat op die hoek van Aviva- en Millenstraat.
Van der Merwe voel dis baie onveilig omdat daar gereeld kinders na en van Laerskool Eureka verbyloop.
“As dit donker is en ’n mens loop verby, sal jy binne-in daai gat val. As die munisipaliteit miskien net rondom die gat kan afbaken totdat hulle dit regmaak, sal ek soveel meer rus vir my siel hê,” sê Van der Merwe.
FiND iT het aan Sol Plaatje munisipaliteit ’n navrae gestuur oor die gat. Die munisipaliteit is dus nou van die gat bewus.




